Die Obaro Storie Obaro se kliëntebasis sluit die hele spektrum van boerdery-aktiwiteite in, sowel as die algemene publiek. Die Obaro winkels bied ?n wye reeks landboubenodigdhede soos saad, kunsmis, chemikalieë, besproeiingstoerusting, veevoere en medisyne, asook brandstof aan kliënte. Die tuinbou- en troeteldierafdeling het ook ?n uitgebreide produkreeks om in die behoeftes van die tuinier en troeteldiereienaar te voorsien. Obaro se mededingende voordeel lê in die kundigheid van sy personeel en goeie produkpryse wat deur sy sentrale aankope-afdeling beding word. Die goed-opgeleide winkelpersoneel staan kliënte by met relevante produkinligting en vriendelike na-verkope diens. Kundige bemarkers besoek boere op die plaas, gee advies, neem bestellings en reël vir aflewerings. Die bemarkers word ondersteun met die kundigheid van spesialiste in die landbou-ontwikkelingsafdeling wat inligting verskaf oor insetkostes, besproeiingskedulering, presisieboerdery en dieregesondheid.
GrowSA is a Non-Profit organisation established with the aim to facilitate Economic Growth and Enterprise Development within the various Business Sectors operating in the Southern Africa Region. Read More...
Partners
Pressroom