‘n Sakekamer is ‘n organisasie van ekonomiese aktiewe sakelui en ondernemings met die doel om ‘n gesamentlike bedingingsmag te vorm, groepbelange te dien en kragte saam te snoer tot die skepping van welvaart en ‘n sakevriendelike omgewing. ‘n Sakekamer moet daarom aktief en dinamies wees, diensbaar aan lede, die gemeenskap en die land. Die AHI is die oorkoepelende beheerliggaam waarby alle sakekamers in die land geaffilieer is.
Newcastle Sakekamer poog om sy lede sinvol te bedien deur goeie sprekers oor aktuele onderwerpe te kry om tydens die maandelikse ledevergaderings en dinees op te tree. ‘n Nuusbrief word maandeliks saamgestel en aan die lede gestuur. Inligting vanaf die AHI word ook op gereelde basis aan die lede oorgedra deur middel van die nuusbrief, e-pos en deur die webblad.
Die sakekamer is ook by talle projekte betrokke, voer gesprekke met politieke magsgroeperinge en dra die ekonomiese ontwikkeling van die dorp en streek op die hart en is nou daarby betrokke.
Die geaffilieerde lede ontvang ook ‘n maandelikse nuusbrief van die AHI. Lede het toegang tot die sakekamer en AHI se databasisse. Geaffilieerde lede kan ook aansoek doen vir Avis se 50% goue afslagkaarte. Lede kwalifiseer ook vir lidmaatskap van die AHI Werkgewersorganisasie en het toegang tot distriksmunisipaliteite.
Inligting wat gereeld van die AHI ontvang word, is bv. Buitelandse maatskappye wat uitstallings hou met die oog op in- en uitvoere. Inligting rakende skoue, konferensies, seminare en werkswinkels word ook gereeld ontvang en aan die lede deurgegee.
GrowSA is a Non-Profit organisation established with the aim to facilitate Economic Growth and Enterprise Development within the various Business Sectors operating in the Southern Africa Region. Read More...
Partners
Pressroom